Die Land Van Bejaardes
Die skryfster, Mary Pipher, vertel in haar boek, Another Country, van mense in hulle sewentigs, tagtigs en negentigs en al die verskillende situasies waarmee hulle gekonfronteer word. “Ek wou die land van die bejaardes verstaan” skryf Pipher. “Ons is nie so georganiseer dat oudword maklik is nie.” Volgens haar is die wortel van die probleem dat oud en jonk van…
om mislukking te Definiëer
Gedurende die groot depressie in Amerika het baie mense in krotbuurtes in gehuggies van hout, seile en komberse gewoon. Hierdie vervalle huisies het bekend gestaan as “Hoovervilles” en dit was die huise van diegene wat uit hulle vorige wonings uitgesit is. Baie van die mense het president Herbert Hoover vir die ekonomiese ellende blameer. Dis ironies dat Hoover se skynbare…
unieke Voorregte
In sy boek Forever Young: My Friendship with John F. Kennedy, Jr. skryf Billy Noonan oor sy vriendskap met die seun van president John Kennedy. Gedurende 1980 is John Jnr. en Billy genooi om aan boord van die vliegdekskip, die John F. Kennedy te gaan. Terwyl hulle saam met ’n gids op ’n toer deur die skip gegaan het, het…
Charlie Se wandeling op die maan
Die dokumentêre film, In the Shadow of the Moon, bevat die verhaal van Charlie Duke, een van die ruimtevaarders wat in 1972 na die maan gelanseer is. Terwyl die ruimtetuig om die maan beweeg het, het Duke en ’n ander ruimtevaarder met die Orion module op die oppervlakte van die maan geland. Na drie dae waartydens eksperimente gedoen is en…
Die eerste engelse Samoerai
William Adams (1564-1620) was glo die eerste Engelsman wat in Japan voet aan wal gesit het. Die Japannese shogun het van Adams gehou en hom as sy persoonlike tolk en adviseur met betrekking tot die Westerse magte aangestel. Uiteindelik is twee swaarde aan Adams gegee en het hy die rang van ’n samoerai gekry. Dit het getoon hoe hoog die…
Weerkaatsers van heerlikheid
Die argeoloog, Barbara Mertz, lê ’n klag teen Egipte se Farao, Rameses 11. In haar boek Temples, Tombs and Hieroglyphs skryf sy: “’n Mens word so moeg vir Rameses; sy gesig, sy figuur en/ of sy naam word oral, op feitlik alle mure wat nog bestaan, aangetref – ten minste dit lyk vir my so.” Hy het ’n onversadigbare honger…
Ingesluit
Jean-Dominique Bauby se memoirs, The
Diving Bell and the Butterfly, beskryf sy
lewe na ’n massiewe beroerte wat hom in
’n toestand bekend as Locked-In sindroom
gelaat het. Alhoewel hy feitlik geheel en al
verlam was, kon hy sy boek skryf deur
slegs sy linkerooglid te beweeg. ’n Helper
het die gekodeerde alfabet afgelees en
Bauby sou sy ooglid knip…
Moeilikhede
I s dit vir jou verbasend dat probleme ’n deel van die lewe is? Miskien nie. Ons ken almal probleme – slegte gesondheid, ’n leë bankrekening, liefde wat teleurstel, hartseer, om jou werk te verloor, ja, en die lys word steeds langer. Daarom behoort dit ons nie te verbaas dat God toelaat dat addisionele beproewings ons tref nie – om…
God Se Vingerafdruk
Lygon Stevens was lief om saam met haar broer, Nick, berg te klim. Hulle was ervare klimmers wat reeds Mt. McKinley (Denali), die hoogste bergspits in Noord Amerika, bereik het. Maar in Januarie 2008 was hulle deur ’n sneeustorting op ’n berg in Colorado oorval. Die twintigjarige Lygon het dit nie oorleef nie. Nick het later sy suster se dagboek…
Oorlewing In Die Woestyn
Die Kingston Trio het tydens die 1960’s die liedjie “Desert Pete” vrygestel. Die ballade vertel van ’n dorstige cowboy in die woestyn wat op ’n handpomp afkom. Langs die pomp is ’n nota van Desert Pete waarin hy die leser maan om nie die water in die fles te drink nie maar dit te gebruik om die pomp aan die…